
Die
eerste vorme van Sifdrukwerk het gedurende die Shang Dinastie (960-1279AD)
in China onstaan. Die vorm van drukkuns was ‘n gerieflike manier
vir kunstenaars om uitdrukking aan hulle kreatiwiteit te gee, en ‘n
maklike manier om hulle werk te dupliseer. Japan en ander Asiatiese
land het die kuns vervolmaak en in die 18de eeu is Wes Europa ook aan
sifdruk blootgestel.
In 1907 Patenteer Samuel Simon dié kunsvorm in Engeland, waar
dit hoofsaaklik gebruik word om op muurpapier, linne, sy en ander materiaal
te print.
Gedurende die 1910’ en 1920’s het eenvoudige drukkuns wat
aanvanklik net deur kunstenaars beoefen is ontwikkel tot groot industrie.
Vandag is sifdrukwerk ewe gewild onder kunstenaars sowel as kommersiele
drukkers, en word beskryf as die mees veelsydige van alle druk prosesse.
(www.wikipedia.org/wiki/Screen_printing)
Die eerste Willscreens word in 1981 in Stellenbosch gestig, en bedien
na 30 jaar steeds ‘n wye verskeidenheid klante onder wie kunstenaars,
entrepreneurs, plase, besighede en kleinsake ondernemings.
Behalwe vir sifdrukwerk, doen ons ook Digitale drukwerk in groot formaat
Die span by Willscreens is trots op hulle werk en loop graag ‘n
ekstra tree saam met elke kliënt.